Die DA se mosie van wantroue in president Cyril Ramaphosa se kabinet het in die Nasionale Vergadering misluk.
Na ‘n lang stemmingsproses het die parlementslede die stemming voltooi met meer as die helfte van die aanwesiges wat teen die mosie gestem het.
Adjunk-spreker Lechesa Tsenoli het gesê: “Agbare lede, die uitkomste is soos volg: daar is een onthouding, 131 ja, en 231 nee. Die mosie word dus nie ingestem nie.”
Vroeër die dag is die ATM se mosie van wantroue in Ramaphosa teruggetrek nadat die party geweier het om die mosie te skuif.
Die party het gesê die aangeleentheid van die geheime stemming is steeds voor howe.
Bronne: The Citizen, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Mosie van wantroue teen Cyril Ramaphosa vind dalk nie plaas nie



