Aansoeke vir Vrystaat abestos-tender-skandaal van die hand gewys

Deel hierdie storie / Share this story

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die uitspraak in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein verwelkom toe hy die aansoeke wat deur die beskuldigdes in die Vrystaatse asbes-tender-skandaal met kostes van die hand gewys het.

Die aansoeke is deur die geskorste ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, sakeman Edwin Sodi en andere weens verskeie redes gebring. Magashule het gesê daar steek geen drakrag in die staat se saak teen hom nie, aangesien sy inhegtenisname glo deur president Cyril Ramaphosa gedryf is.

Die verdediging se regspan het verder aan news24 gesê hulle was onbewus van dié uitspraak. Die NVG het gesê hy het volle vertroue in sy saak en dat die feite glo die storie sal vertel ten tyde van die hieropvolgende hofverrigtinge.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Mosie van wantroue teen Cyril Ramaphosa vind dalk nie plaas nie