Beurtwater ‘n moontlikheid vir die Mangaung-metro

Deel hierdie storie / Share this story

Asof beurtkrag nie die ekonomie en die individu ‘n groot genoeg nekslag toedien nie, lyk dit nou of beurtwater ook ‘n moontlikheid vir die Mangaung-metro kan word.

Rossouw Botes, die DA se woordvoerder oor water, het gesê in die 14 jaar van sy betrokkenheid het die prentjie nog nooit so donker gelyk nie.

Teen agt-uur Maandagaand was daar sprake van die instelling van beurtwater, maar geen skedule daarvoor nie. Die waarnemende stadsbestuurder sou terugvoer gee nadat hy met die hoof van die department van infrastruktuur gepraat het, maar geen nadere besonderhede is teen daardie tyd ontvang nie.

Botes het bygevoeg dat die aan- en afskakel van watertoevoer-pype selfs nog meer druk op die reeds bedenklike toestand van die metro se watertoevoer-infrastruktuur tot gevolg kan hê.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: New petrol price changes to be introduced in South Africa: Ramaphosa