Die sanger, Andries Vermeulen, het Dinsdagmiddag op sy Facebook-blad mense om hulp gevra nadat sy broer se dogter sedert Maandag vermis is.

“Help ASB!!!
My broer Danie Vermeulen se 13-jarige dogter is sedert gister al vermis in die Bellville-omgewing (Kaapstad). Haar naam is Elanie Vermeulen. Indien enigiemand inligting het of haar moontlik vind, kontak ons gerus by 062 929 1372.”




