Pasiënte by die Mediclinic in Bloemfontein kan nou baat by presisie knievervangingstegnologie met behulp van ‘n chirurgiese robot-assistent.
Met behulp van hierdie toonaangewende tegnologie is pasiënte se hersteltydperk korter en ervaar hulle meer gewrigsoepelheid wat daartoe bydra dat hulle hul normale aktiwiteite vinniger kan hervat.
Die robot, die ROSA Knie-sisteem, word nou ingespan om chirurge by te staan met beter knievervangingsresultate as ooit tevore.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Mosie van wantroue teen Cyril Ramaphosa vind dalk nie plaas nie



