Die geliefde dokter George Kokoba (56) is koelbloedig in sy spreekkamer vermoor terwyl pasiënte in rye in die gang sit en wag om gehelp te word.
Op ‘n video wat aan FiND iT verskaf is, kan gesien word hoe ‘n man verby al die pasiënte loop, by die dokter se spreekkamer inloop en dan sien jy hoe spat die pasiënte uitmekaar.
Hier is die video:
Die klank van die video kan nie gehoor word nie. Daar word dan gesien hoe nog ‘n man inkom en hom aansluit by die vermeende skieter.
Dr. Kokoba, die geneesheer van Diepkloof, Soweto, was ‘n geliefde in die gemeenskap. Hy is dadelik na ‘n hospitaal gejaag, maar is dood.
Lt. kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê daar is vier verdagtes, waarvan drie, onderskeidelik 23, 28 en 33 jaar oud, reeds in hegtenis geneem is. Hulle verskyn vandag in die hof.
Die vierde verdagte word nog gesoek.
Die verdagtes het in ‘n Toyota Quantum vanaf die toneel gevlug.
Huldeblyke het ingestroom wat sê dr. Kokoba was die beste dokter in Diepkloof. ‘n Week voor die moord, het gewapende verdagtes dieselfde praktyk bestorm en pasiënte van hulle selfone beroof.




