‘n Meme is gebore – Nicole Kidman se reaksie ná Smith Rock by Oscars klap

Deel hierdie storie / Share this story

Nicole Kidman se reaksie die oomblik toe Will Smith op die verhoog by die Oscars geklim het om Chris Rock te klap ná hy ‘n aanmerking oor sy vrou gemaak het, is nou ‘n meme wat wyd versprei word.

Die drama by die Oscars het begin toe die komediant Rock ‘n grappie gemaak het oor Jada Pinkett Smith, Smith se vrou, se kaal kop.

Jada het vroeër bekendgemaak dat sy aan alopecia ly, ‘n siekte wat haarverlies veroorsaak.

Kyk hier na die video.

Hier is ander bekendes se reaksies: