Die Springbok-slot, Eben Etzebeth (31) het Donderdag die Getroud met rugby-aktrise, Anlia van Rensburg, gevra om te trou.
Dit was ook Anlia se verjaarsdag.
Die paartjie het verlede jaar Desember tydens die Kersseisoen bekendgemaak dat hulle ‘n paartjie is.
Etsebeth en Van Rensburg het twee foto’s op hul Instagram-profiele geplaas met seiljagte in die agtergrond waar sy met ‘n knewel aan haar ringvinger spog.


“Die begin van die res van ons lewe! Ek wou nog nooit so graag die ja-woord gehoor het nie.
“Jy het my die gelukkigste mens op die planeet gemaak,” skryf Etzebeth wat verlede maand aangekondig het dat hy weens persoonlike redes na Suid-Afrika terugkeer.




