André Pienaar vir 10 maande tronk toe

Deel hierdie storie / Share this story

Die boer wat in hegtenis geneem is ná die protes by Senekal, is vandag tot 10 maande tronkstraf gevonnis in die hof in Betlehem. André Pienaar het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Willem Petzer, aktivis teen plaasmoorde, het die nuus bevestig.

Genevieve de Jager, ‘n vriendin van Pienaar en ook die vermoorde Brendin Horner, sal later ‘n meer volledige verslag aan FiND iT verskaf.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.