Pasiënte by psigiatriese hospitaal molesteer personeellede

Deel hierdie storie / Share this story

Personeellede van ‘n psigiatriese hospitaal in Johannesburg is aangerand, gekrap en selfs gemolesteer deur van die pasiënte.

Nomathemba Mokgethi, LUR van gesondheid in Gauteng, sê die toename in pasiënte by die Helen Joseph-hospitaal het dié voorvalle veroorsaak.

Die pasiënte het glo ernstige skade aan die hospitaal aangerig. Volgens Mokgethi het die brand wat by die Charlotte Maxeke-hospitaal uitgebreek het, dwelms en die impak van die Covid-19-pandemie ‘n groot invloed op die toename in pasiënte.

Daar is glo gerapporteer dat van die verpleegsters by die hospitaal deur pasiënte gebyt en geslaan is. ‘n Wag is met ‘n mes gesteek en het in die hospitaal beland.

Nog ‘n pasiënt het glo ‘n rolstoel opgetel en een van die personeellede daarmee probeer gooi. Ander personeellede het gerapporteer dat van die pasiënte hulle gekrap en gemolesteer het.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.