Media-uitnodiging

Deel hierdie storie / Share this story

AfriForum

23 Maart 2022

Clover-moord: Borgaansoek word môre gebring

AfriForum se Privaatvervolgingseenheid staan tans vir Michelle Bebbington by wat verloof was aan Terence Tegg, die oud-Recce en sekuriteitswag wat in Februarie-maand wreed vermoor is tydens die Clover-stakings, asook vir J.J. Cassanga, een van die wagte wat ernstige beserings tydens die brutale aanval opgedoen het. Die twee beskuldigdes wat tans in aanhouding is, sal na verwagting môre aansoek doen om borg.

Die Privaatvervolgingseenheid staan tans die SAPD in hierdie saak by om toe te sien dat geregtigheid geskied en sal môre in die Tembisa Landdroshof wees om die borgverrigtinge te monitor.

Die besonderhede is soos volg:

Datum:            24 Maart 2022

Tyd:                 09:00

Plek:                Tembisa Landdroshof, Andrew Maphetoweg 232

Adv. Gerrie Nel

Hoof: Privaatvervolgingseenheid

AfriForum

Sel: 082 377 2099

E-pos: [email protected]

Chanté Kelder

Mediaskakelbeampte

AfriForum

Sel: 063 627 1692

E-pos: [email protected]