Lyk gevind langs pad buite Bloemfontein

Deel hierdie storie / Share this story

Die Polisie in die Vrystaat vra padgebruikers en ander lede van die gemeenskap om hulle te help om ‘n moordsaak op te los nadat ‘n lyk Sondag langs die R700-pad se afrit na die N1 net buite Bloemfontein gevind is.

Die Volksblad berig ‘n verbyganger het Sondag op die 35-jarige man se lyk afgekom.

Die oorledene het ‘n blou hemp, swart langbroek en swart tekkies aangehad en daar was ‘n oranje drasak langs die lyk.

Mense wat met die ondersoek kan help moet kaptein Lebodi bel by 082 466 8618. Dit is kaptein Lebodi by 082 466 8618.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Sal jy donkiebiltong eet?