In 2020 moes sjokoladeliefhebbers afskeid neem van die Chocolate Log-sjokolade wat baie se gunstelingsjokolade was.
Die nuwe Choc-O-Log is egter nou op die rakke beskikbaar.
Dié nuwe sjokolade bestaan nes die Chocolate Log ook uit ‘n malvalekker- en koekielaag wat met sjokolade bedek is.
Jonathan Waksman, die stigter en eienaar van Kayley’s Chocolate CC wat die Choc-O-Logs vervaardig, sê dié sjokolade bestaan net uit kakaobotter en bevat nie soos meeste ander sjokoladeprodukte palmolie nie.
Waksman sê toe Nestlé in 2020 aangekondig het dat die Chocolate Log-sjokolades van die rakke gaan verdwyn, hulle dadelik weggespring het met planne om die Choc-O-Log te vervaardig.

Het jy al die Choc-O-Log-sjokolade probeer? Proe dit vir jou dieselfde as ‘n Chocolate Log?
Volg FiND iT hier op Facebook.



