Verdagte vas ná gesteelde motor in ongeluk betrokke is

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het Sondag ‘n verdagte in hegtenis geneem na ‘n motor wat glo in Junie 2021 gesteel is, in ‘n ongeluk betrokke was.

Die polisie sê hulle was op ‘n ongelukstoneel op Delmas toe hulle besef het die lisensieskyf en nommerplaat van ‘n grys Mazda stem nie ooreen nie.

Na verdere ondersoek kon die polisie vasstel die Mazda is in Junie 2021 gesteel. Die bestuurder van die motor is in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn op aanklag van die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Tante van vermoorde Jacques Pretorius praat