Jou gebraaide kosse gaan moontlik binnekort meer kos

Deel hierdie storie / Share this story

Met die Rusland-Oekraïne-oorlog waarvan die einde nog nie in sig is nie, is die prys en die vraag na alle soorte olies en vette aan die toeneem met plaaslike en internasionale voorrade onder druk.

Dit kan lei tot jou gunsteling-kitskosmaaltye wat moontlik nog meer gaan kos. Paniekkoop kan ook ‘n rol speel in die prys wat dit jou gaan kos.

Met Rusland as die sleutelverskaffer van sonneblomolie na Europa (waarvan Suid-Afrika afhanklik is vir olie) en met die sanksies tussen die twee streke in plek, kan alle etes wat diepbraai vereis, meer kos.

Bronne: News Nation USA, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: ‘Moenie buitelandse burgers aanstel nie’ sê Ramaphosa op menseregtedag