Ses mense het ernstig seergekry en een is oorlede in ‘n botsing tussen ‘n bakkie en ‘n vragmotor wat Maandag in Kraaifontein plaasgevind het.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare911, sê paramedici het om 11:54 Maandagoggend reageer op ‘n oproep oor die botsing.

Paramedici het die beseerdes wat by die ongeluk betrokke was, behandel.
“Ses persone het beserings opgedoen en terwyl paramedici op die toneel was, het een van die beseerdes gesterf.”
Die res van die beseerdes is na hospitale geneem vir verdere behandeling.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Tante van vermoorde Jacques Pretorius praat
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



