Die polisie het Donderdag die vermeende meesterbrein agter die ontvoering van ‘n bekende sakeman in Lenasia en vyf ander verdagtes in hegtenis geneem.
LEES OOK: ‘Ek vrees f*kk*l,’ sê Ramaphosa aan Malema
Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê ‘n 34-jarige besigheidsman is op 15 Maart op pad werk toe ontvoer.
Die polisie het ná die ontvoering met ‘n ondersoek begin om die man op te spoor en die verdagtes vas te trek.
“Op 17 Maart het die polisie op vier wonings toegeslaan. By die eerste adres in Lawley het die polisie die besigheidseienaar opgespoor, ‘n onwettige vuurwapen gekonfiskeer en drie verdagtes in hegtenis geneem.”

Kol. Mathe sê by die ander wonings in Lenasia het die polisie drie ander verdagtes in hegtenis geneem, onder wie ‘n 43-jarige man wat vermoedelik die meesterbrein agter die ontvoering was.
Die polisie het ook R6 miljoen in kontant gekonfiskeer, wat hulle vermoed losprysgeld is wat tydens ander ontvoerings verkry is.
Die verdagtes staan nou tereg op aanklagte van ontvoering, geldwassery, die besit van onwettige vuurwapens en die besit van ‘n gesteelde voertuig.
Volg FiND iT hier op Facebook.



