Die vrouewenner van die Kaapstad-fietstoer, Kim le Court de Billot, het ‘n dringende beroep op Twitter gedoen om haar spanmaats se gesteelde fietse te probeer terugkry.
Al 12 fietse wat aan die nasionale fietsryspan van Mauritius behoort, is Woensdag op die Picardi-gasteplaas in die Paarl gesteel.
Lees ook: ‘Ek vrees f*kk*l,’ sê Ramaphosa aan Malema
Die fietse is saam ongeveer R1 miljoen werd.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, doen ‘n beroep op enigiemand om met inligting na vore te kom.
“Die polisie vra die gemeenskap se hulp om fietse ter waarde van R1 miljoen op te spoor,” sê hy. “‘n Fietsrygroep van Mauritius het ontdek dat 12 van hulle fietse uit ‘n stoorplek op die gasteplaas gesteel is.”
Enigiemand met inligting kan die Paarl-polisie kontak.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



