WGO waarsku steeds teen Covid-19

Deel hierdie storie / Share this story

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê lande moet waaksaam bly teen Covid-19.

Syfers wat ‘n wêreldwye styging in Covid-19-gevalle toon, kan ‘n veel groter probleem aandui, aangesien sommige lande ‘n daling in toetskoerse rapporteer.

Die WGO sê na meer as ‘n maand van afname het Covid-19-gevalle verlede week regoor die wêreld weer begin toeneem, met inperkings in Asië en China se Jilin-provinsie wat sukkel om ‘n uitbraak te beheer.

ʼn Kombinasie van faktore het die toenames veroorsaak, insluitend die hoogs oordraagbare Omikron-variant en die opheffing van openbare gesondheid- en maatskaplike maatreëls.