Troulokaal sluit sonder om aanstaande bruid in te lig

Deel hierdie storie / Share this story

Troues is stresvol, veral wanneer dinge begin verkeerd loop. Byvoorbeeld, om die lokaal te verloor nadat jy ‘n lening moes aangaan net om daarvoor te betaal.

Dit het met Jade White en haar verloofde van Manchester gebeur.

Hulle is hoog en droog gelaat deur die skielike sluiting van hul troulokaal nadat hulle vier jaar gewag het om daar te trou en ‘n lening van tienduisend pond aangegaan het om daarvoor te betaal.

White het die besonderhede van wat daartoe gelei het dat haar droomtroue by Manchester World gekanselleer is, gedeel.

“Die plek het blykbaar sy deure gesluit. Ek het niks gehoor totdat ek dit op die hotel se Facebook-blad gesien het nie. Absoluut alles was voorberei – uitrustings en ringe gekoop, koek bestel, versierings gekoop, uitnodigings gestuur – net die troue moes gebeur. Adam en ek het regoor die land gereis om die perfekte venue te vind, en dit was vir vier jaar bespreek – ons het selfs ‘n lening aangegaan om die koste te dek. Toe ek uitvind, was ek absoluut platgeslaan. Ek het te veel gehuil om selfs vir Adam te vertel wat gebeur het,” het sy gesê.

Om die troukoste te dek, moes die egpaar ‘n lening van £10 000 (sowat R196 000) lening aangaan.

Nadat hulle die troue twee keer tevore moes uitstel, was hulle besig om besonderhede te finaliseer toe hulle ontdek het dat die hotel gesluit het sonder vooraf waarskuwing of terugbetaling.

Bronne: IOL, The Mercury

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Petrolrantsoene dalk ons voorland?