Volgens die Suid-Afrikaanse departement van minerale bronne en energie kan die voortslepende oorlog tussen Oekraïne en Rusland Suid-Afrikaners dwing om hul brandstof te begin rantsoeneer.
Die energiedepartement het verklaar dat die styging in brandstofpryse oor die hele wêreld gevoel word, maar dat ontwikkelende lande swaarder getref word deur die groeiende koste.
Terwyl hulle die parlement ingelig het oor die impak van die Russiese-Oekraïense oorlog, het hulle gesê dat ‘n verdere R2 styging in die huidige brandstofprys moontlik is.
Daar is ook voorspel dat indien die sanksies teen Rusland en die oorlog in die Oekraïne voortduur, Suid-Afrikaners binnekort deur petrolrantsoenering in die gesig gestaar kan word.
Bronne: Ukraine News Today, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Verlenging van ramptoestand wys regering verstaan nie pandemie nie, sê kenner



