Die Suid-Afrikaanse popsensasie Tamsyn Maker is skielik op ’n jong ouderdom oorlede en Suid-Afrikaners is platgeslaan oor die onverwagse nuus.
Maker was saam met Tarryn Lamb en Axene Prinsloo deel van die gewilde popgroep BlackByrd wat in 2012 gestig is.
Die groep het bymekaargekom na Lamb op Gumtree gevra het vir vroulike musikante om deel te wees van die musiekgroep en binne ’n paar maande is die groep se debuutalbum vrygestel.
Maker se lewensmaat, Kyle Davids, het in ’n plasing gesê Maker sal vir altyd geliefd wees en gemis word. “Rus goed, my koningin, alles sal ‘okay’ wees.”



