Hier is ‘n heerlike resep vir cheddamelt-sous vir oor jou steak of schnitzel!
Bestanddele:
2 e botter
2 e meel
1 ½ koppie melk
Sout en witpeper na smaak
1 ½ koppie gerasperde geprosesseerde kaas
Metode:
Smelt die botter oor lae hitte en roer die meel by. Roerbraai vir 2 minute.
Voeg die melk bietjie-bietjie by en meng goed tot glad.
Prut oor lae hitte vir ‘n paar min tot die sous verdik.
Verwyder van die hitte en roer die kaas en geurmiddels by.
Roer tot al die kaas gesmelt is.
Voeg klein bietjie melk by as die sous bietjie dik is.
Bedien warm saam met steak, blomkool, brokolli of schnitzel.
Bron: Happies & Grappies
Repost Kaalvoet: Barefoot Chef
Nadia Brown



