Polisie neem meer as 300 verdagtes in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gauteng het die naweek 315 verdagtes in hegtenis geneem. Dié verdagtes is deur die polisie gesoek na die pleeg van gewelddadige misdade.

Operation O Kae Molao, ‘n veldtog waartydens die polisie na die verdagtes gesoek het, het gelei tot die inhegtenisname van die 315 verdagtes.

Die polisie sê van die misdade wat die verdagtes gepleeg het, is verkragting, seksuele aanranding en beskadiging van eiendom.

Die verdagtes sal na verwagting in verskillende landdroshowe in Gauteng verskyn.