André Groenewald, Suid-Afrika se ambassadeur in Oekraïne, het aan Rosestad-nuus gesê dat hy en sy gesin steeds in Boedapest, Hongarye is, en mense help om vanuit oorloggeteisterde dele te vlug.
Groenewald het gesê hulle het reeds talle Suid-Afrikaners, onder wie baie studente, uit Oekraïne help vlug.
Hy het gesê hulle is nou besig om die laaste Suid-Afrikaanse student te help om dié oorloggeteisterde land veilig te verlaat. Volgens hom is dié student nou in ‘n oorlogsituasie.
Groenewald het gesê dat dit die ontruimingsproses ongelooflik bemoeilik.
Groenewald het verlede week aan Rosestad-nuus verklap dat hy en sy gesin toe Hongarye veilig bereik het. Dit het gevolg nadat hulle dae lank ondergronds in Kiëf geskuil het.



