Om-die-pot saam met Hannes Noeth

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Heerlike familie-kuieraand sal dié Saterdag by die Gereformeerde Kerk in Monumenthoogte plaasvind.

Dié lekker kuieraand saam met Hannes Noeth, hoof van Helpende Hand, word ten bate van die Diamant-studiefonds gehou. Dis ‘n studiefonds om vir studente wat dit nie kan bekostig nie, die geleentheid te gee om te gaan studeer.

Ilse Cronjé, ‘n taklid van Helpende Hand, vertel die Diamant-studiefonds bied vir ‘n student die kans om ‘n rentevrye lening te kry om in sy/haar gekose studierigting te studeer.

Sy vertel dié fonds kon in 2021 vir een student in Kimberley die geleentheid gee, en dat hulle nou besig is om geld in te samel om dié jaar weer so te kan maak.

By die lekker kuieraand teen R150 per persoon sal jy kan kies tussen ‘n afval-, hoender- of skaappot.

Bykosse wat beskikbaar sal wees, is rys/stampmielies, potbrood en smere en vir nagereg heerlike malvapoeding en vla.

Jy hoef net jou eie glase en drinkgoed te bring.

Daar word ook voorbereiding getref vir kinders, met ‘n springkasteel en speelplek! Dis ook verniet vir kinders onder die ouderdom van 10 jaar oud.

Datum: Saterdag, 12 Maart
Plek: Gereformeerde Kerk, Ortleppstraat, Monumenthoogte
Tyd: Kom kuier saam vanaf 16:00
Spreker: 18:00

Vir kaartjies, kontak:
Tanya van der Walt: 082 312 5063
Ilse Cronje: 082 308 1701
Elsabé van Zyl: 083 306 8244