‘n Graad 12-leerling van Bushbuckridge het Donderdag die lewe van ‘n pasgebore babatjie gered.
Laevelder berig die 19-jarige leerling was op pad skool toe, toe sy ‘n pasgebore babatjie, sonder klere, in die veld langs die pad gesien het.
Die baba se naelstring was met wol afgebind.
Die leerling het die polisie in kennis gestel, wat vinnig op die toneel was.
Die pasgebore baba is na ‘n hospitaal geneem en is gesond.



