Twee gevangenes in Kby dood ná rusie met beamptes

Deel hierdie storie / Share this story

Twee gevangenes is dood ná rusie tussen gevangenes en korrektiewe dienste-beamptes by die Tswelopelo Correctional Centre in Kimberley plaasgevind het.

Singabankho Nxumalo, woordvoerder vir korrektiewe dienste, sê die voorval het Saterdagoggend plaasgevind.

Drie gevangenes het ernstige beserings opgedoen. Twee is in die hospitaal dood en ‘n derde is steeds in die hospitaal.

Nxumalo sê die departement van korrektiewe dienste en die polisie ondersoek nou die saak na die dood van die twee gevangenes. – TimesLive, SABC News, NCNN.live