Sonneblom nou teken van hoop in Oekraïne

Deel hierdie storie / Share this story

Die sonneblom beteken lankal reeds baie vir Oekraïne as dié land se nasionale blom. Sedert die Russiese inval verlede week het dié blom ‘n teken van weerstand, eenheid en hoop geraak.

Mense van regoor die wêreld dra die laaste ruk sonneblomme in hulle hare, aan hulle klere en gebruik ook die sonneblom-emoji op sosiale media. Sommiges plant selfs nog sonneblomsade.

In ‘n video wat onlangs wyd versprei is, sê ‘n Oekraïense vrou vir Russiese soldate dat hulle sonneblomsade moet vat, “sodat die blomme groei waar hulle doodgaan”. – Washington Post

Volg FiND iT hier op Facebook.