JJ Peters het gister in die Nelspruit-hof vir die moord op sy ouma verskyn. Peters is ook aangekla van opsetlike saakbeskadiging en regsverydeling.
Susanna Kilmister (68) is Maandag 28 Februarie in die vroeë oggendure in haar huis in die Cromdale-omgewing vermoor.
Kilmister is Maandag in die vroeë oggendure vermoor. Sy is glo verwurg, na bewering deur Peters, wat haar huis op ‘n kleinhoewe in die Cromdale-omgewing sowat ses kilometer buite die stad op die R40 gedeel het.
Die saak is tot 10 Maart uitgestel. Peters bly in aanhouding.



