‘n Vol tenk tap sakke nou leeg

Deel hierdie storie / Share this story

Die Russies-Oekraïense oorlog het verreikende gevolge wat na talle sektore in ander lande oorspoel.

Een hiervan is dat Suid-Afrikaners van middernag vannag R1,46 per liter meer vir 93 en 95 oktaan petrol sal moet opdok, en die prys van diesel styg met tot soveel as R1,48 per liter.

Terwyl ‘n verhoging in die petrolprys ook kospryse en ander goedere en dienste die hoogte laat inskiet, het ‘n bekommerde Bloemfonteinse bejaarde gesê sy weet nie meer hoe om haar begroting te laat klop nie.

Sy het gesê dit is reeds onmoontlik om verder te besnoei en dat dit nou letterlik ‘n stryd om oorlewing geword het.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Brandstofverhoging vanaf Woensdag 2 Maart 2022