Gemengde skole hou moeilik kers vas by enkelgeslagskole

Deel hierdie storie / Share this story

Die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein is een van tien enkelgeslagskole landwyd wat onder die top-tien akademiese skole in verlede jaar se eindeksamen geëindig het.

Volgens kenners is dit nie ‘n verrassing nie dat meisies van hoërskoolgaande ouderdom dikwels akademies meer gemotiveer as hul manlike ewenkieë is.

Maroela Media berig dat die verskillende ontwikkelingsfases van seuns en dogters ‘n rol hierin speel.

Oranje se skoolhoof, Anne-Marie Klink, het gesê sy glo meisies het dikwels meer selfdissipline.

Volgens Isabel Troskie, adjunk-hoof van Afrikaans Hoër Meisies in Pretoria, presteer meisies en seuns beter wanneer hulle van mekaar geskei word.

Paul Roos Gimnasium, ‘n seunskool, is tiende en is die enigste seunskool in die top-tien.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: ‘n Vol tenk tap sakke nou leeg