Dewald in Universitas opgeneem

Deel hierdie storie / Share this story

Dewald Botma (38), Kimberliet en pappa van twee seuntjies, is nou oorgeplaas na Universitas in Bloemfontein.

Sy vrou, Thalana Botma, sê haar man is nou in die hospitaal opgeneem en dat hulle later besoektye sal kry.

“Dewald het ‘n baie rowwe aand gehad in die Kimberley-hospitaal. Hy het die hele aand regop gesit in die gang, omdat ‘n pasiënt langs hom haar- of homself vuilgemaak het, en niemand die persoon kon skoonmaak nie,” sê sy.

Dewald is vroeër die week in die hospitaal opgeneem na hy met ‘n vergrote hart, vernoude are en ‘n bloedklont gediagnoseer is.

Vrydag is hy in die intensiewesorgeenheid in die Lenmed-hospitaal opgeneem, maar weens probleme met sy mediese fonds, moes hy van die intensiewesorgeenheid in Lenmed oorskuif na die gewone saal in Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal (Kimberley-hospitaal).

Lees die vorige berig hier.

‘n Facebook-vriendin van die paartjie, Heilie van Ingen-Kal, het besluit dat hulle gaan help om fondse in te samel om Dewald na ‘n privaat hospitaal te kan oorplaas.

As jy in jou hart voel dat jy ‘n bydrae wil lewer of kan help, kontak vir Heilie by 084 498 1575.