Geen verband tussen munisipale water en tifuskoors-uitbreking nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê daar is geen verband tussen die uitbreking van tifuskoors en munisipale waterbronne oral in die land nie.

Phaahla het ‘n toespraak namens die sosiale kluster gelewer.

Hy sê hoewel Suid-Afrika endemies is vir tifuskoors wat deur die Salmonella typhi-bakterie veroorsaak word, is die voorkoms van die siekte baie laer as in meeste van die ander lande in sub-Sahara Afrika.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Is tifus in ons kraanwater? NICD verduidelik