Bultfontein-boervrou vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boervrou van die Bultfontein-distrik is die afgelope naweek op haar plaas buite die dorp vermoor. 

Netwerk24 berig die 79-jarige Lettie de Ru se liggaam is Sondag deur haar seun gevind. 

Volgens die slagoffer se seun was die huis oop en na berigte was daar geen gedwonge ingang nie. 

Daar is aanvanklik gedink dat De Ru aan natuurlike oorsake gesterf het, maar nadat bevind is van haar besittings word vermis, het ‘n nadoodse ondersoek bevestig sy is verwurg.  

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Meer as 80 persent van SA se paaie is aan die einde van sy ontwerplewe