Die polisie in Gqeberha het op 22 Februarie om 13:00 inligting ontvang oor vermeende diewe wat besig was om elektriese kabels te steel.
Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê lede van die polisie het op die toneel gesien hoe twee verdagtes besig is om ‘n sloot te grawe om by die kabels uit te kom.
“Toe die verdagtes die polisie gewaar, het hulle hul gereedskap laat val en weggehardloop.”
Polisiehonde het gehelp om die verdagtes vas te trek.
Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 24 en 28, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.



