‘n Span van ses is tans besig om die pad en die parkeerarea in Swannsweg, Heuwelsig, reg te maak ná Overland Liquors en GO Carters besluit het om die area meer toeganklik vir kliënte te maak.
Paul Lendia, eienaar van Overland Liquors, sê hulle maak die pad reg sodat dit geriefliker is vir kliënte en sodat kliënte se voertuie nie beskadig moet word wanneer hulle Overland besoek nie.
Drinie de Boer, eienaar van GO Carters, het in ‘n vorige onderhoud met FiND iT gesê die padwerke sal van korte duur wees en sal jou ervaring soveel beter maak wanneer dit klaar is.
Lendia het vandag aan FiND iT bevestig dat hulle voortgaan met die padwerke en dat hulle teen die einde van die dag sal klaarmaak.





