Die UV se eerste dag van 2022 het met protesoptrede begin

Deel hierdie storie / Share this story

Die eerste dag van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se 2022 akademiese jaar het gister met protesoptrede begin.

Klasse is op sy Bloemfontein-kampus ontwrig. Dit volg nadat die universiteit se oorhoofse studenteraad (SR) studente gevra het om al drie die universiteit se kampusse tot stilstand te bring.

Die SR het ʼn aantal eise aan die universiteit se bestuur gestel wat onder andere gaan oor vergunnings sodat studente kan registreer.

Die registrasie het Vrydag gesluit.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Ace Magashule hofsaak gaan vandag voort