Visvang is nie vir almal dieselfde nie.
Die tuna loop! So spog Bok van Blerk, die Afrikaanse sanger op sy Facebook-blad oor sy goeie vangs gister in Gordonsbaai. Van Blerk, wat nie net bekend is vir sy goeie musiekvernuf nie, is ook ’n kranige hengelaar. Op sy Facebook-blad word daar bespiegel oor hoeveel die tuna sou weeg. So geskat aan sy lengte van ongeveer 1.8 m is die meeste van sy volgers se skatting 100 kg plus. Van Blerk spog dat hierdie nie sy grootste vangs was nie, maar hom vir seker lank besig gehou het.
Wat is jou skatting, hoeveel weeg die bielie?



