Hierdie nuus is deur Rosestad 100.6FM aan jou gebring.
Drie mense, waaronder twee studente, is by die Universiteit van die Vrystaat vir openbare geweld in hegtenis geneem. Dit volg na betogings by die kampus se hoofingang in Bloemfontein. Studente betoog teen die die Universiteit se verpligte inentingsbeleid. Hulle voer aan dat hul grondwetlike regte geskend word. Studente en personeel kan slegs op kampus kom indien hulle ‘n inentingsertifikaat toon of vrystelling het. Die toepassing van die beleid het blykbaar ‘n bottelnek veroorsaak waar studente wou registreer. Dit was gister die laaste dag van registrasies.
Drie mense by Universiteit van die Vrystaat vir openbare geweld in hegtenis geneem



