Kimberley-man sak inmekaar, sterf op pad werk toe

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (54) is vanoggend in Morokastraat dood na hy skielik bloed begin opbring en inmekaargesak het.

Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê voorlopige ondersoek dui dat die man in Morokastraat afgeloop toe hy net skielik inmekaargesak het.

Personeel van Kimberley-nooddienste het die man op die toneel dood verklaar en polisieondersoek duur voort.

“Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle by te staan in die ondersoek,” sê sers. Sam.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Stephen Wax, by 082 469 1728 kontak.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Leukemielyer veg al 14 maande teen Covid-19