Vrou van oud-Bok se hartroerende tekeninge ná seuntjie verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

Ronel du Plessis, mamma van die 10 maande oue Jan Nathaniël wat verlede jaar tragies verdrink het, wend haar na die maak van sketse en tekeninge om op dié manier uiting te gee aan haar ondraaglike pyn.

Jannie du Plesiss (39) mediese dokter en eertydse Springbok-vaskopstut, en sy vrou, Ronel, het hul seuntjie op Jannie se 39ste verjaarsdag verloor.

Klein Jan Nathaniël is die vorige Sondag gedoop.

In ‘n onlangse tekening wat Ronel op Instagram gedeel het, sit ‘n gesiglose figuur in wat lyk soos ‘n kind se eetstoeltjie. Die onderskrif lui: “Dis ‘n hartseer wat nie beskryf kan word nie. Dis ‘n pyn wat aanhou en aanhou. Leë stoele by leë tafels. Nou is my seun dood en weg.”

In nog ‘n hartroerende tekening kyk ‘n figuur by ‘n donker boks in en vra: “Waar is jy, my seuntjie?”, waarop ‘n gesiglose figuurtjie, met net oë, antwoord: “Weg, Mamma.”

“God can work with empty,” lui nog ‘n tekening se woorde. In dié tekening huil ‘n gesig trane wat in sy nek opdam.

In nog ‘n tekening kruip ‘n vrouegesig agter haar hand weg.

In ‘n ander tekening sit ‘n vrou in haar eie trane/’n poel water.