Ma hartgebroke oor seun (12) se boelie-selfdood

Deel hierdie storie / Share this story

“Dit is realiteit. Dit is stil. En daar is niks wat ‘n ouer kan doen om hierdie diep seer stil te maak nie.” So sê die ma van ‘n 12-jarige seun wat as gevolg van boelies sy eie lewe geneem het.

Shardman5, ‘n Instagram-gebruiker, het haarself na Instagram gewend na haar seun, Drayke, sy eie lewe geneem het.

“Hy was 12 jaar oud. Hoe dink ‘n 12-jarige, wat soveel liefde van almal om hom gekry het, dat die lewe so moeilik is dat hy homself om die lewe moet bring?” skryf sy.

Sy sê Drayke was haar, haar man en sy susters se lewens. “Ons lewens het om hom gedraai.”

Sy skryf Drayke was mal oor basketbal en jazz. “Hy het altyd vir sy pa en sussies vertel dat hy die kortste NBA-ster wou wees, dat hy met Donovan Mitchell sou saamwerk en hulle basketbal sou oorwin.

“Jy is nou jou pa se jaggids en vir altyd jou sussies se oppasser. Ek is nie seker hoe om die lewe sonder jou te doen nie.”

Sy vertel hoe stukkend haar hart is en hoe belangrik dit is om jou kinders vriendelikheid te leer.

“Ek was veronderstel om die res van my lewe saam met jou deur te bring, en nou het jy die res van joune saam met my deurgebring.”

Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.