Leerlinge van Hoërskool Oos-Moot het onlangs vet pret by die skool gehad toe hulle vir ‘n dag “alles behalwe ‘n tas” kon skool toe bring om hulle boeke in rond te dra (of te stoot).
Van winkeltrollies tot stootwaentjies vir babas, tot laaie en selfs stofsuiers…
Kyk hier na ‘n paar van die foto’s wat Hoërskool Oos-Moot op Facebook gedeel het. Gaan kyk hier na nog.
Wat sou jy skool toe neem as jy enigiets behalwe ‘n skooltas kon kies?

















