Die kabinet het weer die nasionale ramptoestand verleng.
Die kabinet sê in ‘n verklaring dat die ramptoestand tot 15 Maart verleng is, aangesien verskeie departemente se insette oor die opheffing nog nie ontvang is nie.
President Cyril Ramaphosa het egter in sy staatsrede aangedui dat die werk amper voltooi is.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.



