Vermeende onwettige mynwerker tydens skietgeveg met polisie doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vermeende onwettige mynwerker is op Woensdag, 9 Februarie 2022 tydens ’n skietgeveg met die polisie doodgeskiet.

Elf ander vermeende onwettige mynwerkers is in hegtenis geneem. Drie onwettige, gelaaide vuurwapens is in Boksburg, Ekurhuleni, gevind.

Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Mavela Masondo, het die polisie ‘n klag ontvang van ‘n persoon wat in ‘n oop stuk veld in Boksburg geskiet is.

“Toe die polisie aankom, het hulle ‘n groep vermeende onwettige mynwerkers gesien. Nog polisiebeamptes van Boksburg-Noord, die Ekurhuleni Trio-taakspan, die snelwegpatrollie en privaat sekuriteitsmaatskappye is ontbied. Toe die polisie nadergaan, het die gewapende groep op die polisie begin skiet en ‘n skietgeveg het ontstaan. Elf verdagtes is met die hulp van ‘n polisiehelikopter aangekeer en een verdagte is kritiek beseer en het later aan sy beserings beswyk,” het Masondo gesê.

Masondo het gesê die polisie het drie ongelisensieerde vuurwapens en meer as 70 rondtes ammunisie teruggekry.

Die inhegtenisgeneemde verdagtes sal aangekla word van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die besit van ongelisensieerde ammunisie, moord en poging tot moord.

Hulle sal na verwagting mettertyd in die Boksburg-landdroshof verskyn.

Bronne: MSN, Tame Times

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Swanger vrou vasgebind en met vuurwapen gedreig tydens Bultfontein-rooftog