’n Swanger vrou was een van die klante wat tydens ’n rooftog in ’n Bultfontein-winkel met kabelbinders vasgebind is.
Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Thakeng, het drie gewapende mans die winkel binnegegaan en hulle as klante voorgedoen.
“Op 8 Februarie 2022, omstreeks 17:10, het drie mans die besigheidsperseel betree en voorgegee dat hulle klante is. Een van die slagoffers, vermoedelik ‘n swanger klant, is ook met kabelbinders vasgebind,” het hy gesê.
Thakeng het gesê ‘n onbekende bedrag kontant en selfone is geroof, en die drie gewapende rowers het met ‘n silwer Corsa-bakkie met onbekende nommerplate van die toneel weggejaag.
Hy het bygevoeg dat ‘n saak van besigheidsroof geregistreer is.
Bronne: MSN, The World News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Pablo Escobar se ‘kokaïen’ seekoeie dalk van kant gemaak



