Pastoor Rooies Strauss, krokodilboer van Groblershoop en Christen-leier, het ‘n ope brief aan Julius Malema en die EFF geskryf.
“Ek is ‘n krokodilboer. Jy en jou mede-terroriste skree kill the ‘boor’. Julle hits mense aan tot moord. Daar het, glo ek, al moorde plaasgevind oor jul uitsprake,” skryf hy in die brief op sy Facebook-blad.
Strauss pleit in die brief by Malema om homself te bekeer. “Asb. Julius, kry nou ore.”
Strauss skryf in die brief hy gaan nie ander rasse begin haat nie, maar hy glo die EFF kry dit reg dat mense en rasse teen mekaar gedraai word. “Ek gaan julle steeds liefhê. Steeds kos uitdeel vir honger mense, ongeag ras. Steeds vriende hê van alles rasse en saam met hulle fellowship.”
Hy sê hy is nie “links of regs nie”, hy soek siele vir Jesus. “Ek glo aan om ‘n verskil vir God in my omgewing te maak. Ek glo om my vyande lief te hê en vir hulle te bid. Ek glo ook nie om in ‘n hoekie te sit en wag vir wanneer ek doodgemaak word nie. Nee, ek moet bid en optree. Wanneer Goliat verskyn, dan glo ek bid vir hom, praat mooi met hom, evangeliseer hom – maar as Goliat nie luister nie en vernietig en moor en bly aanhits – STOP GOLIAT IN SY SPORE, VERSLAAN HOM IN JESUS NAAM.”
Hy los dan sy nommer en pleit by Malema om homself te bekeer en hom te bel.
Lees die volledige brief hier:



