Die SAAMBR het mense aangemoedig om plastiek uit die see te kry nadat anorganiese materiaal in ‘n dooie skilpad gevind is.
Die jong groen skilpad met die naam Jellybean is op 12 Januarie 2022 by uShaka Sea World opgeneem nadat hy op ‘n strand by Kosibaai uitgespoel het. Jellybean is van Kosibaai na Durban vervoer.
Met sy aankoms was Jellybean lusteloos en kon nie op haar eie eet nie. Sy het albei haar voorste flippers gedeeltelik verloor in ‘n vermoedelike onderonsie met ‘n roofdier.
Die organisasie het gesê die afgelope twee weke het dit al hoe moeiliker vir Jellybean geword en na ‘n kort maar baie dapper stryd is sy op Vrydag 4 Februarie vreedsaam dood.
Die veeartsenykundige span het ‘n nekropsie uitgevoer wat verskeie anorganiese voorwerpe (nylon, tou en plastiek) in haar ingewande opgelewer, wat waarskynlik ‘n rol in haar dood gespeel het.
Die vreemde voorwerpe het bestaan uit ‘n plastiekpakkie, ‘n stuk tou, nylondraad en verskeie ander vreemde voorwerpe wat 3,5 g geweeg het. Ongelukkig neem skilpaaie en ander seediere dikwels stukke plastiek in wat hulle as voedsel beskou.
Die SAAMBR het gesê hoewel Jellybean se storie nie ‘n gelukkige einde het nie, hoop hulle haar storie moedig mense aan om voort te werk na ‘n plastiekvrye oseaan.
Bronne: MSN, Newschant
Lees ook: Leeuwyfie verskeur bewaarder en ontsnap uit Iran-dieretuin saam met haar maat
Volg FiND iT hier.



