Volgens die plaaslike media het ‘n leeuwyfie in ‘n Irannese dieretuin ‘n dieretuinbewaarder aangeval en verskeur, waarna sy saam met haar maat ontsnap het, voordat die paar weer gevang is.
“Die leeuwyfie, wat al ‘n paar jaar in die dieretuin is, het daarin geslaag om ‘n deur van die hok oop te maak, uit te kom en die 40-jarige wag aan te val wat die leeus pas kos gegee het,” het ‘n dieretuinwerknemer in ‘n onderhoud gesê.
“Onmiddellik na die voorval het veiligheidsmagte beheer oor die dieretuin oorgeneem”, het Amir Hadi, die goewerneur van die provinsie, gesê.
Hy het bygevoeg dat “pogings om die twee leeus lewendig te vang, suksesvol was”.
Bronne: MSN, First Post
Lees ook: Regering kondig nuwe Covid-19-reëls aan
Volg FiND iT hier.



